Morris dance

Dansers vier die vyftigste bestaansjaar van The Icknield Morris Men in 2009 op die piek van White Horse Hill
Morris-dansers buite die Pump House-kroeg in Brighton Lanes
Morris-dansers dans in die Cotswold-tradisie buite Wells-katedraal in Wells
Morris-dansopvoering in Tillington, West Sussex
Morris-dansers met stokkies in York

Morris dance is 'n tradisionele Engelse volksdans wat gewoonlik deur musiek begelei word. Dit word gegrond op ritmiese stapbewegings en choreografiese elemente wat deur 'n groep dansers uitgevoer word. Dansers dra gewoonlik klein klokkies aan hul skene en swaai voorwerpe soos stokkies, swaarde en sakdoeke.

Die oorspronge van Morris-volksdanse is onbekend, dog word dit dikwels met elemente van vrugbaarheidsrituele en voor-Christelike seisoenale feeste verbind. Later, in die tyd van die nywerheidsomwenteling, het dansopvoerings op kerklike en publieke feesdae gewild geraak. Die oudste historiese verwysings na die dansstyl dateer uit die 15de eeu. So is Morris-danse in dié tyd byvoorbeeld tydens byeenkomste van Londense gildes opgevoer. Vandag is Morris-dansopvoerings 'n gewilde manier van vryetydsbesteding en gesellige byeenkomste in kroeë wat danksy Britse immigrante ook in oorsese lande soos Suid-Afrika gevestig is.

Die verskillende style van Morris dance staan as traditions of tradisies bekend; die bekendstes hiervan is

  • Cotswold Morris (wat sy oorsprong in die Oxfordshire-streek het),
  • Border Morris (uit die Engels-Walliese grensgebied) en
  • North West Morris (uit Lancashire).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search